
Die snellste is seker die Ultima GTR van Stuart Kidgell ..wel,ten minste Alfa aangedrewe..0 tot 100 onder 4 sekondes en 338 km/h top end.
Die Porsche manne is heel moerig met hom hieroor..
Pure Alfa ? Daar is baie ..Nuut gebou en hierdie naweek verby vir die eerste keer het Domingo`s (Van Gotec faam) sy mid mount 3.2.24v TT 155 widebody laat les opse.
Dit was by die jaarlikse "Fastest street car event" hier.Ongelukkig weet ek nie hoe dinge verloop het nie.
Daar is twee 3.6 12v TT Gtv6 wat ook behoorlik loop ! Maar hulle breek heeltyd komponente..In my opinie het jy niks groter nodig as n 2.8 of 30l TT of single turbo nie.
Ek moet bieg,my 156 3.7l 24v draf maklik deur na 255km/h op n snelweg..Sy indrukwekkenste is hier van 150 na 250 toe..Min motors beindruk my soos hierdie 156 nie.
1/4 myl Alfa`s ? mmmm,meeste "specials" met ander enjins vir aandrywing,so ons sal maar daar wegbly..Daar is n 105 Junior met Chev v8 krag wat 12 sekondes doen..
Dawie het nog n 3.4 TT wat liederlik vinnig is..Die motor is net nie so ver onwikkel as die ou Glenwood TT nie.En hy draf 24v enjin..
